Ontwikkeling van die menslike liggaam

Die ontwikkeling van die menslike liggaam is die proses om van ’n eensellige sigoot tot ’n volwasse mens te groei. Dit begin met bevrugting, wanneer ’n eiersel wat deur die eierstok van ’n vrou vrygestel word, binnegedring word deur die spermsel van ’n man. Die daaropvolgende sigoot ontwikkel deur mitose en seldifferensiasie tot ’n embrio, wat aan die wand van die baarmoeder heg waar dit deur ’n fetusstadium ontwikkel tot met geboorte. Verdere groei en ontwikkeling kom ná geboorte voor en sluit in beide fisieke en sielkundige ontwikkeling, wat beïnvloed word deur genetiese, hormonale, omgewings- en ander faktore. Dit duur deur die lewe voort: deur die kinderjare en adolessensie tot volwassenheid.[1]

  1. The Editors of Encyclopaedia Britannica. "Human body/Basic form and development". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 8 April 2020. {{cite web}}: |author= has generic name (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search